Al-Masdjid al-Haram

Al-Masdjid al-Haram
Hadj-pelgrims in 2008 by die moskee.
Hadj-pelgrims in 2008 by die moskee.
Ligging  Mekka, Saoedi-Arabië[1]
Spesifikasies 
Minaret(te)  9
Minarethoogte  89 m
Kapasiteit  900 000 (tot 4 miljoen in die hadj-tyd)
Webtuiste  www.gph.gov.sa

Al-Masdjid al-Haram (Arabies: المسجد الحرام, letterlik die Heilige Moskee), ook genoem die Groot Moskee,[2] is die grootste moskee (of masiet) in die wêreld en omring Islam se heiligste plek, die Kaäba.[3] Dit is in die stad Mekka, Saoedi-Arabië, geleë. Moslems kyk in die kiebla (die rigting van die Kaäba) tydens hul salaah (gereelde gebede). Een van die Vyf Pilare van Islam vereis dat elke Moslem die hadj-pelgrimstog na Mekka minstens een keer in sy of haar lewe onderneem indien moontlik – dit is een van die grootste jaarlikse byeenkomste van mense in die wêreld.

Die huidige struktuur beslaan ’n gebied van 356 800 m2, insluitende die bidgebiede binne en buite. Dit is te alle tye oop.

  1. "Location of Masjid al-Haram" (in Engels). Google Maps. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2014. Besoek op 24 September 2013.
  2. "Saudi Arabia starts Mecca mosque expansion". reuters.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018.
  3. "The 40 Steps Towards the Grave of the Prophet Muhammad صلى الله عليه و آله و صحبه وسلم . The Virtues of Madinah. #1 | Muwatta.com - The People of Madina" (in Engels). muwatta.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 September 2019. Besoek op 7 Augustus 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search